• Print this page
  • Save page as a PDF document

Jesus Die Passiespel

  • Date(s):
    Fri, 23 March @ 19:30,
    Sat, 24 March @ 10:30,
    Sat, 24 March @ 19:30
  • Venue: Sand du Plessis Theatre
  • Admission Fee:

Add to Facebook

View venue map with Google Maps

Die ATKV-tak Gemeenskapsteater, wat die vervaardiging van die uiters suksesvolle produksies, Pilatus – ‘n kruis in die pad (2016) en Judas Iskariot – wat is die prys van bloedgeld? (2017) behartig het en ook tydens die 2017 Algemene Jaarvergadering van die ATKV die WOW-projek vir Pilatus ontvang het (dus die beste nasionale projek van 2016), kondig met trots hul volgende projek aan:

Jesus – Die Passiespel… Dit is gemeenskapsteater op sy heel beste en word in samewerking met PACOFS, ATKV, Free State Youth Orchestra (o.l.v. Alexander Fokkens), Volksblad & Bloemnuus, Radio Rosestad en Copy King gedoen.

Die teks is deur Gertjan Holtzhausen geskryf en Jacobus Silwer het splinternuwe musiek en lirieke vir hierdie volwaardige ‘musical’ gekomponeer. Die regie word deur Dr. Niel van Niekerk behartig, wyl Jaco Bezuidenhout die musiekregisseur is. Alexander Fokkens dirigeer die Vrystaatse Jeugorkes (wat uit 40 instrumente bestaan). Mario Lategan vertolk die rol van Petrus. Hattingh Davel is die koormeester en Elize Cogle behartig die choreografie. Michelle Hetzel is die produksiebestuurder.

Hierdie projek is heeltemal uniek! Dit is tans die grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek in Suid-Afrika met meer as 100 akteurs, sangers, dansers en ekstras op die verhoog. Die hoofrolle word deur professionele akteurs vertolk en die kleiner rolle word deur mense uit die gemeenskap gevul.

Dit is 23 Maart (om 19:30) en 24 Maart (om 10:30 en 19:30) in die Sand du Plessis Teater op die planke.